Neolitikum

Stonehenge in Suid-Engeland, wat minstens 3 000 jaar gelede deur mense uit die Nuwe Steentydperk opgerig is.
'n Toneel in Skara Brae, Skotland, Europa se volledigste Neolitiese dorpie.

Die Neolitikum was die laaste deel van die Steentydperk en beteken "Nuwe Steentydperk". Dit was ’n tydperk van primitiewe tegnologie en sosiale ontwikkeling. In die Neolitikum het vroeë dorpe ontwikkel, asook landbou, die mak maak van diere, die vervaardiging van gereedskap en die eerste tekens van oorlogvoering.[1] Die tydperk het sowat 10 000 jaar gelede begin en met die begin van die Bronstydperk geëindig. Die Sumeriërs het eerste begin boer, in omstreeks 9500 v.C. Teen 7000 v.C. het landbou afsonderlik in Indië en Peru ontwikkel; teen 6000 v.C. in Egipte; teen 5000 v.C in China en omstreeks 2700 v.C. in die noordelike Suid-Amerika.

  1. "The Perfect Gift: Prehistoric Massacres. The twin vices of women and cattle in prehistoric Europe". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2008. Besoek op 7 Junie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search